facebooklogotwittericonnewslettericon
Sexy gunsies vir jou ondier . . .
sexygunsies

As jy sy regte knoppies op die regte tye druk, sal jy síén hoe 'n gelukkige man lyk. Een wat sing in die stort, jou wegneem vir romantiese naweke en rondloop soos 'n stoetbul. Dit kán jou net bevoordeel, maar wees voorbereid: Doen jy dié dinge, sal hy meer wil hê. En waarom nou sal jy wil moeilik wees? Bedien jouself op 'n skinkbord.

'n Skoon kar en 'n vuurwarm Eva – wat meer wil 'n man hê?
Daar is 'n rede waarom sexy vroue vir soveel jare saam met sexy karre op advertensieborde gepronk het. Dis enige man se droom om sy trofee-vrou en sy statussimbool saam in visie te hê. Natuurlik het Manlief hopelik teen dié tyd sy Porche-droom laat vaar en vrede gemaak met jóú love handles en hopelik is sy Hilux-bakkie en Eva met haar vrugbare heupe en trouring nou dít wat sy hartklop opjaag. So, as jy hom wil verlei, gebruik die wonderlikste prop – die een wat in sy motorhuis staan – tot jou voordeel. Só doen jy dit:
  1. Trek sy kar uit die motorhuis terwyl hy iewers in die huis of tuin is. Natuurlik moet jy fókus want as jy 'n duik in sy kosbare ryding stamp, gaan geen karwas (maak nie saak hóé sexy nie) sy bui lig nie! Vul 'n emmer met water en karwas seep. Jy hoef nie mooi te meet nie, die was is 'n bysaak . . .
  2. Parkeer die kar voor die woonkamervenster, naby die swembad of buite op die gras waar hy besig is om te tik en timmer aan iets . . . enige plek waar hy jou gaan kan sien.
  3. Dit gaan alles oor garderobe, girl! Die uitrusting wat jy gaan aantrek, moet so 'n bietjie herinner aan Baby wat gehelp het om die waatlemoen te dra in Dirty Dancing.'n Kort hempie wat voor hoog opgeknoop word onder die buuste, en 'n kort denimbroekie. Ja, dis so half uit 'n era wat jy dalk nie eers gaan onthou nie, maar dit sál die tier in jou man wakker maak. Jy kan enige styfpassende denim afsny en enige hemp wat kan oopknoop knoop om dié wen-pakkie te skep.
  4. 'n Bonus is natuurlik as die hempie wit is en van 'n dun materiaal gemaak is. Die idee is dat jy nát word, en dat jou nat hempie dan uitlokkend teen jou kaal borste kleef!
  5. Sorg nou dat Manlief wéét jy was sy kar, maar maak asof jy glad nie van hom bewus is nie. Strek oor die kajuit om die vensters te was, sodat jou borste teen die nat kar skuur, terwyl jy jou een been in die lug tel. Buk laag af met jou bene reguit (ja, hopelik is jy gepilates en gejoga!) en jou boudjies in die lug terwyl jy die wiele was. As jy steeds 'warm kry', strek jouself uit oor die kar met jou arms bo jou kop en jou perky boobs sonwaarts! En wanneer jy kamtig dors word, hou die tuinslang in die lug en drink van die water wat nou tussen jou borste afstroom. Wanneer jy aan die was is, knyp die tuinslang tussen jou bene vas (stout!).
  6. As dit jou eerste karwas is, onthou dat jy ook 'n emmer water byderhand moet hou om die seep mee af te spoel. Ja, van die kar af. Én van jou af.
  7. Goed, dis redelik basies, né? Van een INTIEM-Eva tot die ander een (sjuut): Ons weet ook nie eintlik hoe om 'n kar ordentlik te was nie, maar ons het mos reeds gesê . . . dit gaan nie eintlik oor die kar nie!

'n Stuk nog-nie-gaar vleis vir jou grotman!

O ja, INTIEM-vroue weet dat die pad na 'n man se hart beslis nie deur sy máág loop nie, maar daar is min dinge so moeilik hanteerbaar soos 'n honger man. En vra jy die meeste ouens, ken hulle die naam van minstens een goeie steakhouse in die nabye omgewing. Hou hom by die huis deur vir hom 'n smullekker biefstuk te maak. Dít is 'n kuns. Veral as jou man van dié soort is wat syne rare verkies. Dien jy dit (reg) voor, sal hy dink hy is 'n grotman, en as sy primêre behoefte bevredig is, sal hy tien teen een sy ander prooi jag! Ja, as 'n luiperdvel-bikini al ooit 'n plek en tyd gehad het, is dit nóú. (Maar moet dié deel van jou verleiding asseblief met niemand anders deel nie!)

1. Gaan vooraf winkeltoe en koop die volgende: Sojasous, olyfolie, 'n halwe koppie balsamiese asyn en twee dik stukke steak. By die huis:Marineer die steaks vir twee ure lank ('n uur aan elke kant). Gebruik 'n koppie van die sojasous, 'n halwe koppie olyfolie en 'n halwe koppie asyn.

2. Nou moet jy jou vuur buite gereed kry. As jy nie weet hoe nie, vra jou broer of jou pa om jou te leer. Trek jou bikini aan met 'n pikante voorskootjie bo-oor en gaan staan voor jou vuur. Teen dié tyd moet Manlief natuurlik al buite wees en die hele petalje aanskou. Tien teen een gaan hy 'n bietjie in sy mou lag en jou kritiseer vir jou braaimetode, maar elke keer wat hy sy mond oopmaak, glimlag net liefies, stap na hom toe en maak hom stil met 'n warm soen.

3. Wanneer jou vuur/braaier gereed is, haal die steaks uit die marinade en braai dit vinnig aan albei kante (nie langer as vier minute altesaam nie). As Manlief van 'n 'rare' biefstuk hou, moet dit aan die buitekant gerooster wees en rooi in die middel. Dit moet egter deurwarm wees. Rou biefstuk voel soos rou vleis: Sag met aanraking, maar met 'n bruin oppervlak.

4. Wanneer dit gaar is, bedien dit aan Manlief in sy stoel (met 'n bier in jou ander hand), draai om, en talm so 'n rukkie met jou agterstewe vir hom in vol sig voor jy wegstap. Hmm, jy gáán gejag word!

Skeer jou hier, skeer jou daar (skeer jou hormone deurmekaar!)

Daar is niks meer intiem en sexy as om jou man te skeer nie. Dit gaan alles oor die intensiteit van jou man se vertroue in jou. Terwyl jy skeer, haal hy stadig asem terwyl jy naby aan sy gesig werk. Dít is nou waar die passie prut! Daar is net íéts aan 'n man met 'n kaal bolyf en 'n gesig vol skeerroom. Ja, dis sý treat, maar niemand het gesê dis sonder voordele vir jóú nie . . .

As jy aanbied om hom te skeer, gaan hy dalk gretig instem – óf viervoet vasskop. Veral as hy weet jy is die roekelose tipe. Dis sy gesíg waarvan ons hier praat, onthou! Maar jy moet hom oortuig dat dit tot sy voordeel is. Dít doen jy wanneer julle albei klaar gestort het en jy 'n wit bra en broekie aan het. Só doen jy dit:

1. Skaf vir jou 'n oudtydse skeermes aan (verkieslik 'n Salamander, ivoorhandvatsel of reguit skeermeslemmetjies en 'n handvatsel). Dis waarin al die romanse lê. As jy boonop 'n antieke waskom het, des te beter. Die ideale kleredrag vir dié toneel is: Hy in sy jeans, sonder 'n hemp. En jy in jou fyngoed. Laat hom op 'n stoel sit, terwyl jy die waskom en skeermes op 'n tafeltjie daarby het. Jy sit aanvanklik op die tafel, met jou kaalvoete op sy stoel (jy kan intussen 'n bietjie 'onskuldig kreatief' raak met jou tone, as jy wil.)

2. Hiervoor het jy geduld en selfvertroue nodig. Maak seker die water in die waskom is warm en dat jy 'n skoon handdoek byderhand het. Kry jou skeermes gereed en laat hom op sy gemak voel. Raak ligweg aan sy baard om vas te stel hóé jy dié taak gaan aanpak. Raak liggies aan sy kop wanneer jy dit tiep sodat hy in jou oë kyk. Leun vooroor en gee hom 'n passievolle soen om hom te laat verstaan dat jy hom nie sal seermaak nie.

3. Hou 'n warm handdoek oor sy gesig en druk liggies daarop. Terwyl hy dit geniet, speel met sy ore en met jou vingers oor sy lippe. Wend nou 'n lekker dik laag skeerroom aan sy gesig, oral waar sy baard groei. Jy sal dié aanwending moet herhaal.

4. Skeer eers die sykante van sy gesig. Met die lem in die hand waarmee jy skryf, druk met jou lyf teen sy skouer. Bring jou ander hand van agter sy kop na die deel van sy gesig wat jy eerste gaan skeer. Dit moet die kant wees wat die verste weg van jou is. Druk teen sy wang met twee vingers en skeer (weg van jou vingers) afwaarts. Raak ligweg met die skeermes teen sy gesig tot jy die gevoel kry en herhaal tot al die hare afgeskeer is. Jy moenie die skeermes te veel kantel nie, anders gaan jy hom raaksny.

5. Skeer onder sy ken. Tiep sy kop agtertoe en hou sy ken stil terwyl jy afwaarts skeer. Wees versigtig vir sy Adamsappel.

6. As jy klaar geskeer het, plaas 'n warm handdoek oor sy gesig en laat hom ontspan. Gaan sit wydsbeen, met jou gesig na syne, op sy skoot . . . en kyk wat volgende gebeur.

Bronne: Ehow.com; EzineArticles.com; Wikihow.com

 

Comments 

 
+2 #20 A3 2013-03-11 14:50
:oops: Grap is-as ek die kar so moet was gaan almal in die straat kom kyk
Quote
 
 
+1 #19 Edelweiss 2013-03-10 21:05
:P alles goed en we'll wat die bikini, karwas ens betref! Maar wat van meer voller figuur dames wat soos "'n skip in vol seil" lyk met die volksvreemde klere aan die lyf.
Quote
 
 
+1 #18 Bonita 2013-03-10 19:44
Om jou man te skeer bly n wenner
Quote
 
 
0 #17 rene dirker 2013-03-10 19:44
dit is nou blerrie romanties!!!maa r ek dink my man kry n hartaanval as ek dit nou moet probeer :lol:
Quote
 
 
+1 #16 Caroline Van Staden 2012-10-17 14:28
Caroline
Ai as ek maar die goed gehad het voor ons uit mekaar is... dit kon dalk soveel anders gewees het.
Quote
 
 
+1 #15 ed 2012-10-10 20:42
my vrou se dat ek laf genoeg is---dit sal my net n hartaanval gee.... : :lol:
Quote
 
 
+4 #14 marthie botha 2012-10-10 09:03
:P ons is 37jr getroud en dit voel of ons pasgetroudes is - al die plesierjies is deel van die "pakket".
Quote
 
 
+2 #13 Odette 2012-08-26 16:54
:P Nehh hoe kan 'n mens nou nie sulke goeie versoekings volg nie...
Quote
 
 
+1 #12 Arthur 2012-08-25 18:49
Ek wens my vroutjie wil so iets vir my doen :P
Quote
 
 
+1 #11 Chanel 2012-08-13 13:51
Werk vir my man ;-)
Quote
 
 
0 #10 Deidre Ferreira 2012-07-27 11:56
CUTE... :lol:
Quote
 
 
+1 #9 Elsie Van Rooyen 2012-06-30 10:53
Jinne, ek moes lankal Intiem begin lees het, ons is nou op n vlak in ons huwelik waarvan mens net droom! Ek teken vandag nog in!
Quote
 
 
+1 #8 Badriyah 2012-04-25 16:45
Let the rollercoaster ride begin!!!!
Quote
 
 
0 #7 Chris 2012-04-24 14:38
Sal beslis vir my werk.... ;-) :-)
Quote
 
 
0 #6 Marius 2012-03-28 09:47
Sal beslis vir my werk!!!!!!!!! ;-)
Quote
 
 
+3 #5 christa 2012-02-16 07:37
stunning!!! gaan dit beslis probeer :P
Quote
 
 
+3 #4 San-Marie 2012-02-03 15:30
Haha shame ek sal die arme man in repies sny!!!
Quote
 
 
+2 #3 tina 2012-01-05 14:01
:lol: love this
Quote
 
 
+4 #2 Isa 2011-12-30 14:53
;-) Klink na wen-resepte!!!
Quote
 
 
+2 #1 elmi 2011-12-18 11:28
:D fab idees!
Quote
 

Add comment


Security code
Refresh