facebooklogotwittericonnewslettericon
Troetelnaampies

troetelnaam
Het jy ’n spesiale troetelnaam vir manlief? En waar kom dit vandaan?


WENWENK:

“Ek en my man noem mekaar Habibi. Dit is ’n woord wat ons geleer het toe ons vir ’n dag in Egipte was. Die mense daar gebruik dit baie in hul spreektaal vir vriende en geliefdes en dit beteken: Geliefde, ek hou van jou, jy is spesiaal, ek is lief vir jou ensovoorts . . .” – Irene

“Ek noem my man Vissie. Ons het sewe maande uitgegaan – ons was toe in matriek, en as ’n geskenk het ek sewe goudvissies gekry. Dit was só snaaks en spesiaal! Van toe af is ons troetelname vir mekaar Vissie. Ons ken mekaar al 10 jaar en ons is vier jaar getroud.” – Corné

“My man se naam is Gogga. Hy is ’n paramedic. Die een oomblik sien jy hom en die volgende oomblik is hy al weer weg om iemand te gaan help – nes ’n gogga!” – Odette

“My man is ’n melkboer, ek noem hom Mjelk!” – Helena

“My baby noem my Dollablom. Net voor ons begin uitgaan het, wou hy my nie op my naam noem nie. Dit het Doll geword. En toe Dolla. En toe ons begin uitgaan, het hy gesê die blom het nou ontkiem en elke dag is ek vir hom net mooier soos ’n blom in die lente.” – Kati

“Auto correct van Skattebol is verantwoordelik vir my man se naam – Plattebol. Dit is selfs sy Skype-naam!” – Cathy

“Ek noem my man Pikkewyn en hy noem my Patrys. Ek sal my doodskrik as hy my op my naam noem. Ek het hom ook nog nooit weer op sy naam genoem nie. Hy was saam met my matriekafskeid toe en het soos ’n pikkewyn in sy pak gelyk. Toe sê hy vir my ek moet ook ’n troetelnaam kry. Hy sê toe ek is so besig soos ’n patrys en daar is dit nou al vir 16 jaar. Ons bordjie voor ons huis sê ook: ‘Pikkie en Patrys se paleis’.” – Karen

“Voor ek my man ontmoet het, het hy en ’n paar vriende mekaar ‘gebrandmerk’ met ’n vuuryster! Ná ’n paar jaar sit die merk nog steeds . . . daarom is my bynaam vir hom Bees. Lief jou, Besie!” – Melissa

 

Comments 

 
0 #5 genevieve 2013-04-23 10:24
ons noem mekaar Lyfie... hehe..of My Lyf. ek love dit!
Quote
 
 
+1 #4 Jeanine 2013-04-17 11:08
Ek noem my man beertjie. :-)

Ek was baie alleen gewees voor ek hom ontmoet het en toe hy in my lewe verskyn het was dit lekker om met hom te kan cuddle en veilig te voel. HY is vir my altyd 'n vertroostong soos my beertjies was as kind. ;-)
Quote
 
 
0 #3 Jeanine 2013-04-17 11:08
:oops:
Quote
 
 
0 #2 Jeanine 2013-04-17 11:08
. ;-)
Quote
 
 
+3 #1 Luanka Fourie 2012-08-16 11:28
My man noem my sterretjie, hy het toeons nog uitgegaan het gese ek verlig die vertrek as ek inkom soos 'n sterretjie en my smile laat alles ophelder. Hy noem my vandag nog so na 20 Jaar.
Quote
 

Add comment


Security code
Refresh