|
Ons wil jou uitdaag om vir 52 weke lank, een keer per week op 'n "date night" met manlief/vroulief te gaan. Met ons gejaagde lewens, werk, skool, kinders en alles wat daarmee gepaard gaan is dit baie maklik om "gewoond" te raak aan mekaar. Baie getroude paartjies is vasgevang in die "eet - slaap - gaan werk toe - eet - slaap - gaan werk toe" roetine en vergeet doodeenvoudig net dat dit broodnodig is om vir mekaar tyd te maak! Vir daardie rede gaan INTIEM jou help! Vir 52 weke (die 'n hele jaar lank!) gaan ons een keer per week (Maandae oggende) saamgesels op ons Facebook blad, idees uitruil en "huiswerk" gee vir die spesifieke week se "date night". Wat jy moet weet: 1) Jul date night kan enige aand van die week plaasvind. Die beste is om dit elke week op dieselfde dag/aand te doen - maar indien dit nie moontlik is nie kan enige ander dag gekies word. 2) Jy het 3 "telefoon dates" om te gebruik vir wanneer manlief/vroulief vir langer as 'n week van die huis af weg is. 3) Jy het 3 "passes" om te gebruik vir daardie weke wat "date night" net doodeenvoudig nie moontlik is nie. Indien jou 3 "telefoon dates" opgebruik is, moet jy ongelukkig gebruik maak van jou 3 "passes". 4) Elke week se date night gaan met bietjie "huiswerk" eindig - kry solank vir jouself en vir manlief/vroulief 'n skryfblok en 'n pen. Die huiswerk gaan slegs in die vorm wat EEN SINNETJIE wees wat dan later 52 weke se "roman/liefdesverklaring" gaan vorm.
Hier is die eerste paar weke se inligting solank:
Week 1 se "date night": 'n Ete onder die sterre. Berei jul gunsteling geregte voor, dek 'n tafel buite ('n kombers of matras sal ook werk as jul nie 'n tafel het nie) en geniet 'n ete onder die sterre. O ja, daar is 'n voorwaarde... Geen messe, vurke of lepels word toegelaat nie! Hou dit in gedagte wanneer jul die ete voorberei en kies disse wat jy vir manlief/vroulief kan voer...
Week 6 se "date night": Die week speel ons fotograaf-fotograaf! Het jy al ooit vir 'n wildvreemde persoon gevra om 'n foto van jou en manlief/vroulief te neem? Indien nie, is dit nou jul kans! Vir hierdie "date" maak dit nie saak waarheen jul gaan nie, maak net seker jul kies 'n plek waar daar nog mense is! Dalk 'n piekniek in die botaniese tuine of in die plaaslike parkie? Gebruik bietjie daardie grysstoffies... Let wel, ons praat NIE van 'n fotosessie by 'n fotograaf nie! Die idee van die uitdaging is om 'n wildvreemde persoon nader te sleep om jul spontane tye saam vas te vang. Verder wil ons jul uitdaag om in TEN MINSTE EEN van jul fotos 'n INTIEM tydskrif vas te hou en dit in te stuur vir ons "Waar was jou INTIEM?" kompetisie... Ons begin al dink julle is skaam om INTIEM lesers te wees, want die foto's kom maar stadig in...
Stap 2: Jou volgende inskrywing in jou "date boek" is as volg: Ek dink as mense na fotos van ons kyk, is dit so duidelik soos daglig dat ons (_____ lief is vir mekaar / vir mekaar bedoel is / mekaar gelukkig maak_____)! Ek raak skoon opgewonde as ek dink aan al die herinneringe wat ons nog saam gaan bymekaarmaak vir ons "happily ever after" foto album! Week 7 se "date night": More is Valentynsdag en liefde is in die lug! Daarom het ons dit goedgedink om die week se "date night" ekstra romanties te maak! Vir daardie rede gaan ons INRY toe! Pak vir manlief/vroulief in die kar (moenie die piekniekmandjie en popcorn vergeet nie!) en kuier weer soos twee verliefde tieners saam! Geen inry? Geen probleem! Jy kan jou eie persoonlike inry bewerkstellig deur 'n fliek vanaf die agterste sitplek van die motor op jou "laptop" of draagbare DVD speler te kyk! Maak net seker jy parkeer die motor iewers waar dit veilig is... en waar die buurtannie nie gaan saamkyk nie! Indien jy sukkel met die motor-logistiek, oorweeg 'n kombers buite op die gras of dalk 'n hangmat! Die belangrikste is om UIT die huis te kom vir hierdie uitdaging, 'n fliek op TV tel dus nie. Stap 2: Jou volgende inskrywing in jou "date boek" is as volg: (Die week is daar nie 'n fisiese inskrywing nie, maar wel 'n "plakboek geleentheid"). Neem enige van die fotos wat jul op verlede week se "date night" geneem het en plak dit in jul "date boeke" met beskrywings van waar die fotos geneem is.
Week 8 se "date night": Vandag speel ons "Soek die Woorde en word Beloon!" Kliek op die skakel na ons webwerf (http://www.intiem.co.za/images/documents/soekdiewoord3.pdf) en laai die "Soek Die Woord PDF" af. Print vir jou en jou maat elkeen 'n afskrif. Die dokument bevat 15 romantiese woorde en dade, weggesteek tussen die ander letters. Die woorde kan van links na regs, regs na links, bo na onder, onder na bo en selfs diagonaal wegkruip! Die persoon wat eerste al 15 woorde opspoor, kan 3 van die woorde/dade kies en die "verloorder" moet die wenner dan beloon met die 3 aksies.
|










Meer inligting oor die INTIEM 52 weke "date night" uitdaging.





Comments
Dit help baie om alles sommer opgesom nou op een page te he! Waardeer dit baie!
Week 4 is ook nou beskikbaar op die webwerf - geniet jul "date night"!
Groete,
INTIEM.