WENWENK: "Ek en my man gaan ná 13 jaar van getroude lewe steeds op first dates. Ons stel onsself van voor af aan mekaar voor en ons 'chat mekaar op'. Ons gebruik ook vyf minute elke dag om met mekaar minstens drie dinge te deel wat gebeur het en ons praat oor hoe dit ons laat voel het. Met twee kinders en 'n vol skedule is dit 'n klein, maar baie belangrike manier om die minimum tyd in gehalte tyd te omskep." – Hayley-Michele "Moet nooit in afsonderlike kamers gaan slaap nie. Al is julle hóé kwaad vir mekaar. Ons is al 21 jaar getroud en still going strong." – Alet "Ons praat met mekaar oor alles. Ons gaan slaap nooit kwaad nie en sorg dat ons nooit in verskillende vertrekke in die huis wakker word nie. So, ons slaap saam – al is dit net op die bank voor die televisie. Ons glo ook daarin om mekaar te bederf. Dit hoef nie duur te wees nie – 'n rugwas of roomsmeer is perfek. Ons is 17 jaar getroud en die vlam brand nog hoog!" – Janie "Luister na mekaar, plaas mekaar eerste en hê mekaar onvoorwaardelik lief. En natuurlik 'n 'stoute bederfie' so elke dan en wan . . . hoe dan anders!" – Natalie "Ná 20 jaar is my raad: Geduld." – Anna-Marie "'n Mens moet baie kontak met mekaar hê. As jy verby jou geliefde loop, vryf sy/haar arm. Hou baie hande vas. Sit styf teen mekaar wanneer julle televisie kyk. Gee genoeg drukkies en soen mekaar gereeld. Fisieke kontak kan 'n paartjie nader aan mekaar bring (en hou) en dit hoef nie noodwendig in die slaapkamer te eindig nie. Deur net saam te sit en kuier en dié klein dingetjies elke dag te doen, is ons reeds tien jaar saam. Dit het ons op 'n geestelike valk laat connect en ek glo dis wat ons bymekaar sal hou." – Elmarie "Ek dink 'n mens moenie bang wees om nuwe dinge saam te probeer nie. Moenie bang wees om INTIEM op die winkelrakke te koop nie. Moenie bang wees om net jouself te wees nie – dis immers op wie jou maat verlief geraak het." – Dielda "Tyd saam sonder die kinders is 'n móét! Wanneer ons alleen is, praat ons nié oor die kinders nie. En ons flankeer ook gereeld met mekaar (nie met ander mense nie!) Dís wat die vuurtjie aan die brand hou, selfs ná 14 jaar." – Christine "My pa het my geleer 'n mens moet 150% gee om 100% terug te ontvang." – Carina |
laai gratis af

KLIEK HIER om die Bytjies, Blommetjies en My Kind gratis af te laai.
KLIEK HIER vir 'n volledige lys van gratis dokumente.
















Comments
1. Respek 2. Kommunikasie 3. Vertroue
4. Geduld 5. Kwaliteit tyd met mekaar
Onthou om altyd die goeie kwaliteite van jou maat te sien en nie toelaat dat die slegte oorheers nie. Baie fisiese en emosionele kontak is n moet. Moet mekaar nooit as vanselfsprekend aanvaar nie en toon waardeering vir dit wat jy het. Moenie jou huwelik as net n gewoonte of roetine begin sien nie. Wees self verantwoordelik vir daardie houtjies wat die vuurtjie laat brand.Elke huwelik is uniek en het albei se insette nodig. Ek en my man het mekaar onvoorwaarlik lief. Dankie Intiem vir n gr8 inset in ons lewens.