facebooklogo  twittericon
Raak Kreatief
INTIEM "date nights"

 

1369999_red_hearted_ericaMeer inligting oor die INTIEM 52 weke "date night" uitdaging.

Ons wil jou uitdaag om vir 52 weke lank, een keer per week op 'n "date night" met manlief/vroulief te gaan. Met ons gejaagde lewens, werk, skool, kinders en alles wat daarmee gepaard gaan is dit baie maklik om "gewoond" te raak aan mekaar. Baie getroude paartjies is vasgevang in die "eet - slaap - gaan werk toe - eet - slaap - gaan werk toe" roetine en vergeet doodeenvoudig net dat dit broodnodig is om vir mekaar tyd te maak!

 
Sexy gunsies vir jou ondier . . .
sexygunsies

As jy sy regte knoppies op die regte tye druk, sal jy síén hoe 'n gelukkige man lyk. Een wat sing in die stort, jou wegneem vir romantiese naweke en rondloop soos 'n stoetbul. Dit kán jou net bevoordeel, maar wees voorbereid: Doen jy dié dinge, sal hy meer wil hê. En waarom nou sal jy wil moeilik wees? Bedien jouself op 'n skinkbord.

'n Skoon kar en 'n vuurwarm Eva – wat meer wil 'n man hê?
Daar is 'n rede waarom sexy vroue vir soveel jare saam met sexy karre op advertensieborde gepronk het. Dis enige man se droom om sy trofee-vrou en sy statussimbool saam in visie te hê. Natuurlik het Manlief hopelik teen dié tyd sy Porche-droom laat vaar en vrede gemaak met jóú love handles en hopelik is sy Hilux-bakkie en Eva met haar vrugbare heupe en trouring nou dít wat sy hartklop opjaag. So, as jy hom wil verlei, gebruik die wonderlikste prop – die een wat in sy motorhuis staan – tot jou voordeel. Só doen jy dit:
 
Soen só!
soenso

Jou 101-kursus . . .

Boeke, films, stories en liedjies propageer al eeue lank die enigma van die soen. Duisende jare lank al is die kus die simbool van liefde – liefde tussen diere, vriende, familie, besittings, en ook passievolle liefde tussen twee mense.

Ongelukkig, soos ’n vreemde taal, fietsry of tango-dans, verleer ’n mens vinnig hoe om behoorlik te soen as ’n mens dit nie genoeg oefen nie. Soene word afgewater ná ’n vinnige kus op die wang voor Manlief werk toe vertrek en jy jou eie besige dag moet gaan aanpak.

INTIEM het, om dié rede, ’n handleiding vir behoorlik soen saamgestel, sodat jy vinnig-vinnig kan leer om weer te vry soos ’n tiener.
 
Hoe laat 'n mens 'n huwelik hou?
WENWENK: "Ek en my man gaan ná 13 jaar van getroude lewe steeds op first dates. Ons stel onsself van voor af aan mekaar voor en ons 'chat mekaar op'. Ons gebruik ook vyf minute elke dag om met mekaar minstens drie dinge te deel wat gebeur het en ons praat oor hoe dit ons laat voel het. Met twee kinders en 'n vol skedule is dit 'n klein, maar baie belangrike manier om die minimum tyd in gehalte tyd te omskep." – Hayley-Michele