trileçe Welkom by die penis-spa!
INTIEM-DesJan2015-ani-cover  

Ons videos

  • video-1
  • video-2
  • video-3
  • video-4
  • video-5

penis-spa

Jy wil hom bederf, maar Black Forest-koek gaan nie die ding doen nie. Jy weet immers die pad na ’n man se hart toe loop nie deur sy maag nie. Wat van ’n spa? Of is jou man een van dié wat jy nooit by ’n spa sal kry nie? Hy het nog nie dié een beleef nie . . .

Hy is die die kondensmelk in jou koffie, die asyn op jou chips. Hy is die cherry op jou spreekwoordelike koek (Black Forest of te not) en nou gaan ons nie verder oor eetgoed praat nie . . . wel, nie vir nou nie. Kortom, en op ’n ernstiger noot – jou man is soveel meer as wat jy jou ooit voorgestel het hy sou wees.

Wanneer jy en jou skoonma vassit, vat hy háár kort en hy troos jul seuntjie se ego deur die bal aspris mis te vang. Vir al daardie klein dingetjies wil jy vir hom iets spesiaals doen.

So hier kom die idee van die jaar: Jy gaan hom bederf met ’n penis-spa! Okay, as jy klaar gegiggel het, kan jy nou verder lees. Jou man se penis-spa gaan anders wees as enigiets wat hy nog ooit beleef het. Hy gaan níé in ’n semi-komatose toestand soos jy wees wanneer jy die spa verlaat nie. Inteendeel, jy sal moet regstaan as sy behandeling verby is, sista! Want hier kom ’n ding . . . of twee . . . of drie!

STAP 1: Jou voorbereiding, Mej Droompalms!
Besluit op watter dag en hoe laat jy dit gaan doen. Laat minstens drie ure toe vir sy spa-behandelings en sorg dat die kinders nie náby is nie (selfs al is julle agter slot en grendel). Albei van julle moet in ’n baie ontspanne luim wees. Nou moet jy al jou toerusting gereed kry en gereed maak vir jou transformasie.

Seksuoloog Wilmé Steenekamp sê dat ’n mens versigtig moet wees vir lyfrome omdat jou man dalk sensitief daarvoor kan wees. Só ook produkte wat alkohol bevat. “My voorstelle is Aquasum-salf (dit kom in groot potte) of die verskillende smeermiddels op die mark. Jy kan ook suiwelroom of gegeurde joghurt gebruik,” sê sy. Elmari Craig, ook ’n seksuoloog, meen dat enige van die smeermiddels beskikbaar (soos Astroglide en Durex se reeks), gebruik kan word.

“Daar is smeermiddels wat soos masseerolie werk en lekker ruik en proe, wat ek sou aanbeveel. Medisinale olyfolie is ook ’n goeie opsie.”

Kry ’n pruik in die hande as jy kan. En ’n wit rokkie. Jy moet lyk soos ’n spaterapeut, maar (natuurlik) ’n sexy spaterapeut. Wanneer die dag aanbreek, gaan jy jou pruik dra. Verkieslik moet jou pruik uit lang hare bestaan wat jy in ’n stywe poniestert agter jou kop gaan vasmaak (baie klinies en professioneel). Jy gaan jou wit rokkie sonder onderklere aantrek – hoewel dit natuurlik uiters onprofessioneel van jou sal wees om jou kliënt toe te laat om enigsins op ’n seksueel suggestiewe manier aan jou te raak . . .

STAP 2: ’n Prikkel van wat kom
Gee ’n paar dae vooraf vir manlief die volgende spa-geskenkbewys. Hy moet weet hy gaan vir ’n spa-behandeling, maar hy mag nie uitvind watter deel van sy lyf die behandeling die meeste gaan geniet nie!
Geskenkbewys
Sertifikaat nommer:
Hierdie geskenkbewys laat jou kwalifiseer vir ’n gratis “Because you’re my stud” halfdag spa-pakket by L’amour Skoonheidsalon en Spa, geleë te . . . (plek) om . . . (tyd). Die geskenkbewys mag nie omgeruil word vir kontant nie en is onderhewig aan beskikbaarheid.
Gemagtigde handtekening:
Vervaldatum:

STAP 3: Laat hom welkom voel
Wanneer die oomblik van waarheid aanbreek, moet jy in jou “salon” wees, met die deur toe (gebruik een kamer in jul huis as die ontvangslokaal en rig die ander kamer as die terapiekamer in. Trek die bed met wit lakens oor, haal oortollige beddegoed af. Plaas ’n handdoek daar, waarmee jy die dele bedek wat nie behandel word nie. Sit rustige musiek aan in die agtergrond en verdof die ligte). Sorg dat jy in karakter is wanneer manlief aan die deur klop. Wanneer jy oopmaak, tree uiters “professioneel” op. Nooi hom om gerus te sit en sê dat jy binnekort sal terug wees met die nodige dokumentasie. Bring dan vir hom ’n verwelkomingsdrankie (’n glas witwyn of vonkelwyn met ’n aarbei op die rand), asook die spa-behandelings. Sê vroom: “Meneer, hier is ’n uiteensetting van u spapakket. Lees gerus rustig hierdeur sodat u kan weet wat om te wagte te wees.” Gee vir hom dié uiteensetting (vasgemaak op ’n clipboard, met die vraelys daaronder) en sê: “Ek gaan u vra om deur die lys te lees en daarna vir ons die vorm op die volgende bladsy in te vul.” Terwyl hy besig is, kan jy doenig wees in die terapiekamer.

Die “Because you’re my stud” spapakket
Die pakket is ’n sensuele pakket waar die kliënt weggevoer word na ’n plek waar liefde oorwin. Met u aankoms sal u ’n verwelkomingsdrankie ontvang waarna u ’n heerlike spoelritueel in die spa se watervalstort sal geniet. Daarna volg u eerste behandeling wat ’n Pleasant Pampering Bevogtigende Reinigingsritueel genoem word. Gedurende dié behandeling word die vel met sorg gereinig, afgedroog en gepamperlang.

Die Feathers and Ice sensoriese sensasiebehandeling volg. Gedurende dié behandeling word u op ’n sensoriese reis geneem wat u met hernude energie sal laat. Dié behandeling dra by tot stresvermindering. Dit werk op fisieke vlak sowel as sielkundige vlak en laat die lyf ontspan. Dit verbeter ook die bloedsirkulasie. Kliënte word egter gewaarsku dat dit in sekere areas spanning kan opbou, in welke geval u terapeut voorsiening sal maak hiervoor.

Die Palms in Motion Indiese kopmassering verlig spanning in die hoof. Die bloedvloei word gestimuleer en die behandeling werk hoofpyn teen. Ná dié behandeling volg u Best of Both-batebehandeling wat soortgelyk is aan die Palms in Motion-behandeling, met die verskil dat die terapeut van addisionele tegnieke gebruik maak. Die behandeling hou die spiere soepel, bevogtig die vel en dra by tot stresvermindering.

Die laaste behandeling is die Tasty Chanel Rouge Allure-behandeling, waar die terapeut deur middel van die verplasing van ’n skoonheidsproduk die kliënt bevredig en ontspanne laat.

Die L’amour Spa vraelys: kliek om af te laai
Naam: ____
Van: ____
Bynaam (wat u graag genoem wil word tydens behandeling): ____
Gunsteling kleur onderklere aan u huweliksmaat: rooi/swart/wit/vlees/ander
Hoeveel keer per week u graag seksueel sou wou verkeer: 1/2/3/meer
Watter mate van drukking verkies u op die penis: lig/swaar/beide

SPA-ETIKET:

  • Wees asb betyds vir u behandelings en gee 24 uur kennis van kansellasies.
  • Gebruik van die spafasiliteite is op eie risiko.
  • Die spa sal nie verantwoordelik gehou word vir enige ontydige ereksies nie.
  • Geen kinders word toegelaat nie.
  • Gee asb aan die terapeut terugvoer sodat jou besoek gemaklik verloop.

STAP 4: Gaan neem gou ’n stort
Neem die vraelys by hom, bedank hom baie professioneel hiervoor en stuur hom badkamer toe, wat jy baie spesiaal vir hom ingerig het. Daar kan kerse brand (as julle dit in die aand doen) en musiek speel. Los vir hom ’n skoon en getuimeldroogde kamerjas in die badkamer, sowel as spa-slippers en ’n botteltjie water. Vra hom om ’n vinnige (let wel!) stort te neem waarna hy by jou in die terapiekamer kan aansluit.

STAP 5: Laat die terapie begin!
Die volgende afdeling van die artikel is vir jou aandag. Lees dit vooraf en oefen op ’n piesang as jy moet! Sorg net dat jy presies weet wat jy doen wanneer die tyd vir sy “terapie” aanbreek. Hier is nie baie reëls nie, maar jou tydsberekening is baie belangrik. Jy moet hom opgewonde maak, maar nie té opgewonde nie.

In gewone taal – dít is wat jy gaan doen:

  1. Die Pleasant Pampering Bevogtigende Reinigingsritueel is basies ’n facial vir sy penis. Dit behels dat jy hom op sy rug op die bed gaan laat lê en langs hom op ’n stoel sit (baie belangrik, want jy moet die spanning geleidelik laat opbou) met ’n skotteltjie seperige water langs jou op die tafel. Dit gaan nie regtig oor die skoonmaak nie (hy het reeds gestort), maar oor hierdie eerste fisieke aanraking. Speel sagte, sexy musiek in die agtergrond en moenie ’n woord met hom praat nie. Was sy penis met sagte hale, spoel dit af met skoon water en druk dit liggies droog met ’n handdoek. Kondig aan dat die volgende behandeling nou sal begin.
  2. Die Feathers and Ice sensoriese sensasiebehandeling is waar jy ’n bietjie speels gaan raak. Klim op die bed, maar sit langs hom. Blinddoek hom en kry al jou “instrumente” gereed: ’n Veertjie, ’n syserpie of satynlint, ’n bakkie ys, ’n handvol albasters wat jy rondrol in jou hande. Dink aan watter items hom op ’n sensoriese reis kan neem en bring dit alles bymekaar, kielie hom, terg hom en speel met hom . . . betrek sy testikels ook, maar vertoef ’n rukkie op sy borskas, arms en binnebene. Verras hom! Kondig die volgende behandeling aan.
  3. Die Palms in Motion Indiese kopmassering is presies wat dit sê: ’n Massering, maar nie van die kop wat dínk nie. Gaan sit wydsbeen op jou man se bobene. Plaas jou duim en voorvinger in ’n okay-teken op die punt van sy penis en beweeg op en af vir ’n paar sentimeter (gebruik smeermiddel). Hierdie deel van jou “behandeling” werk veral goed vir ’n onbesnyde of baie sensitiewe penis. Hou sy penis met jou ander hand vas terwyl jy dit doen. Kondig die volgende behandeling nou aan.
  4. Die Best of Both-behandeling behels dat jy die res van sy penis stimuleer met behulp van jou borste. Vir ’n man is dit ’n groot turn-on! Sit eers voor hom, knoop jou rokkie bo oop en smeer jou borste vol room of olie (terwyl hy kyk!). Kniel nou tussen sy bene en plaas sy penis tussen jou tweeling! Druk jou borste na mekaar toe sodat dit ’n “kanaal” vorm vir sy penis en beweeg op en af met jou lyf. Dit is ’n tegniek wat vir hom onweerstaanbaar voel én lyk, so hy tref ’n dubbele geluk. Kondig die laaste behandeling aan.
  5. Die Tasty Chanel Rouge Allure-behandeling is, in kort, orale stimulasie. (Die naam verwys na jou lipstiffie.) En die woord tasty na wat jý gaan proe. Gebruik room, heuning, gesmelte sjokolade of gegeurde smeermiddel ter voorbereiding as “masker” vir sy penis. Nou kan jy jou wit rokkie laat waai en weer tussen sy knieë buk. ’n Lekker twist op hierdie golden oldie is om regtig ’n bloedrooi lipstiffie te gaan aanwend nét voor die oefening. Só kan hy sien hoe jou lipstiffie afsmeer op sy penis, ’n groot turn-on! Begin deur sy penis te lig en die rif tussen sy testikels te lek met een lang lek tot by die punt van sy penis. Herhaal dit en beweeg dan aan na ander tegnieke. Neem soms net die punt in jou mond en ander kere die hele penis. Maar moet jou nie veel steur aan tegniek nie. Solank jy jou tande uit die prentjie hou en hom wys hoeveel jy dit geniet, is jy op die wenpad.

So ja, sy terapie is verby! Wens hom geluk as hy tot by stap nommer vyf kon uithou! Stap nommer 6? Jou betaling!

Addisionele bronne: ivillage.com

Tuis

Terme & Voorwaardes

Sitemap