| Sukkel jy om INTIEM in die hande te kry omdat die boek so vinnig van die rakke af vlieg?Of bly jy dalk in Australia of Engeland en kan aan niks lekkerder dink as om deur die nuutste INTIEM te blaai nie?
Die goeie nuus is dat INTIEM nou DIGITAAL beskikbaar is! Dit beteken jou INTIEM is 7 dae per week, 24 uur van die dag beskikbaar op jou rekenaar, laptop, iPad en ander digitale mediums! Kliek op die prentjie hier links om sommer dadelik die nuutste uitgawe van INTIEM digitaal af te laai!
Indien jy eers bietjie meer wil lees oor hoe presies dit werk, lees gerus verder!
Besoek www.mysubs.co.za/intiem om digitaal in te teken vir INTIEM.
- Kies of jy vir een uitgawe of een jaar (6 uitgawes) wil inteken.
- Kliek "add to basket"/"plaas in mandjie".
- Bo aan die blad sal jy dan jou "Mandjie" ("Basket") sien – klick op "Betaal" ("Checkout"). Dan word jy gevra vir 'n "username en password".
- As jy voorheen op www.mysubs.co.za gekoop het, gebruik die besonderhede waarmee jy vantevore opgeteken het. Indien dit jou eerste besoek is, kliek op "Register".
- Voltooi jou besonderhede en kliek "confirm" – jy is in 'n kits ingeteken! Onthou dat jy 'n kredietkaart gaan benodig om die transaksie te voltooi.
- Nou kan jy "inlog" met jou gebruikersnaam en wagwoord en na "My Biblioteek" toe gaan, waar jou nuutste INTIEM vir jou sal wag!
- Jy kan ook die iPhone of iPad "application" aflaai indien jy op 'n iPhone of iPad werk.
- Indien jy inteken vir 'n jaar, sal jy elke keer wat 'n nuwe uitgawe aanlyn is, 'n epos kry om jou te laat weet.
Belangrik:
- Hou asb in gedagte dat 'n "Kindle" slegs teks wys en aangesien daar baie prentjies en ontwerpe in INTIEM is gaan jy NIE al die inhoud kan lees nie.
- Om seker te maak dat die digitale weergawe op jou laptop, pc of foon werk, kies EERS die "Preview Online" of "Download PDF" opsie. So kan jy die eerste 10 bladsye van INTIEM lees en eers seker maak dit werk reg op jou digitale medium.
- Vir enige navrae, kontak asb vir
Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien
|