facebooklogo  twittericon
Intiem Couples Oggend

couplesoggend3'n INTIEM 4x4 huweliksoggend is 'n oggend waartydens ons die wonder van 'n goddelike huwelik vier! 'n Oggend waar ongelooflike huwelikskenners soos Gustav Muller en Dr. Etienne Kok die WAARHEID praat. In die woorde van Liezel van der Merwe, besturende redakteur van INTIEM: "Dis regtig 'n amazing oggend! Ek wens alle paartjies wil dit bywoon. Gustav praat oor kommunikasie en misverstande. Daardie situasies waar die simpelste ding op 'n vreeslike oorlog uitloop. En Dr. Etienne gesels oor kommunikasie in die slaapkamer. Hy se tereg dat die probleem in 'n mense se sekslewe nie oor wrywing gaan nie - almal weet hoe om dit te doen - maar eerder oor die dieper dinge. Daardie issues in 'n huwelik wat intimiteit beinvloed". Besoek "Gebeure" vir datums en om te boek.

 

 

Add comment


Security code
Refresh