| 
Kom vaar saam op INTIEM se valentynsboot!
Portugese Eilande: 40% af, vanaf R3 708 per persoon*
Goed, ons weet sjokolade en sjampanje is romanties, maar miskien het jy dié jaar ’n bietjie inspirasie nodig. Wil jy 2014 ’n onvergeetlike jaar vir jou Valentyn maak? Kom reis saam met INTIEM op die Valentynsboot!
INTIEM het vanjaar vir die heel eerste keer saam met ons lesers die wye oseaan aangedurf met ’n “Hernu jou troubeloftes”-bootvaart vanaf 22-26 Februarie.
In 2014 vaar ons weer . . . en Bobby reis saam! Dié keer op die luukse Opera-skip vanaf 14-17 Februarie – en dit gaan super-romanties wees! Vir alle Bobby van Jaarsveld-fans – hy en vroulief Annatjie reis saam! En jy gaan die geleentheid hê om hom persoonlik te ontmoet en een van sy fantastiese vertonings by te woon. INTIEM se huwelikskenners, Gustav en Elna Muller, en die skreeusnaakse seksuoloog, dr Etienne Kok, gaan ook saam vaar. Soos die vorige vaart, beloof dié een om weereens propvol bederf te wees, met pretpakkies, kajuithuiswerk, eksklusiewe geleenthede vir die INTIEM-groep en lekker saamkuier. Maar die heel belangrikste: Dit gaan ’n geleentheid wees waar julle gaan kans kry om te belê in jul huwelike!
Die eerste 200 mense wat bespreek, kry 40% afslag! Daarna geld 30% afslag vir die volgende 200 mense. Soos wat die boot voller raak, raak die afslag minder, so bespreek so gou as wat dit vir julle moontlik is. Ingesluit by die koste is daar weer ’n INTIEM-fooi van R400 per persoon wat jou INTIEM VIP-ervaring insluit. Dit beteken dat jy deel van ’n eksklusiewe groep sal wees wat saans bederfpakkies van INTIEM sal ontvang en toegang sal kry tot INTIEM-geleenthede soos Bobby se vertoning.
Wat sluit die koste in? Akkommodasie in die kategorie waarvoor jy bespreek, drie etes daagliks en middernag-versnaperinge, partytjies, vertonings, ’n disko, alle speletjies en daaglikse aktiwiteite, toegang tot die casino, aërobiese oefeninge en die gimnasium.
Was ons 2013-vaart ’n sukses? Lees die kommentaar en besluit self: “Dankie vir al die moeite, liefde en tyd wat julle aan ons huwelike bestee het. Dit was ’n fantastiese naweek en ons prys God dat ons mekaar het.” Nog ’n leser skryf: “Baie dankie aan die INTIEM-span. Die naweek was onvergeetlik en ’n draaipunt vir ons. Baie dankie vir só baie. Die pretpakkies was natuurlik onverbeterlik.” En: “Dit was só spesiaal. Tevergeefs bou jy aan die huis as die Here nie daaraan bou nie en ek het dit weer daardie naweek besef. Dit is só belangrik om toe te laat dat God ons lei in ons huwelike.”
Kenners Gustav en Elna Muller, celebrities Heinz en Alette Winckler en pastoorspaartjie Stephen en Elmien Claassen het saam gereis gedurende dié naweek, waar die huwelik behoorlik gevier en afgesluit is met ’n baie spesiale seremonie waartydens lesers die geleentheid gehad het om hul troubeloftes te hernu.
Volgende jaar lyk die program só: 14 Februarie – Vertrek vanaf Durban Vandag word jy aan boord verwelkom deur die MSC Opera in die Durban-hawe, met ’n sail away-partytjie op die dek sodra die skip na die Portugese Eiland vaar. Die INTIEM-groep ontmoet mekaar en kry ’n geleentheid om met Bobby en die sprekers te gesels, waarna almal bymekaarkom vir dr Etienne Kok se immergewilde en baie vermaaklike praatjie (dieselfde praatjie as wat hy by die INTIEM-dae lewer).
15 Februarie – Portugese Eiland ’n Heerlike pretgevulde dag op die mooi strand van die Portugese Eiland. Jy kan gaan stap, of lui in die kristalhelder water ontspan met ’n koel drankie van die kroeg terwyl die skip se sjefs die grootste strandbraai in die Suidelike Halfrond voorberei! Daar is snorkel, visvang en duik-ekskursies. Jy kan ook na Inhaca Eiland gaan om aan die beste peri-peri prawns en hoender by Lucas Restaurant te smul! Terug op die boot, is dit tyd vir ’n vertoning deur een van ons land se gewildste kunstenaars – Bobby van Jaarsveld (toegang tot dié vertoning is eksklusief en slegs vir die INTIEM-groep).
16 Februarie – Op die see Teen dié tyd ken jy die skip al goed en kan jy behoorlik voordeel trek uit die show lounges, disko, kroeë, casino, winkels, swembaddens, jacuzzi’s, mini-gholfbaan, spa, gimnasium en speletjies op die dek. Daar is drie etes daagliks, insluitende middernag-happies, en koek wat gereeld bedien word. Ons sluit die naweek af met ’n praatjie deur die huwelikskenners Gustav en Elna Muller. Die praatjie bestaan uit twee sessies. In die eerste sessie deel Gustav en Elna met ons die sleutels vir ’n gelukkige huwelik sodat ons mekaar meer kan geniet en ons huwelike beskerm. Hierna volg ’n tweede sessie, wanneer dié lesers wat sou wou, kan agterbly om hul troubeloftes tydens ’n spesiale seremonie te hernu.
Op die oggend van 17 Februarie vaar die skip terug na die Durbanse hawe en het jy fantastiese herinneringe en ’n kamera vol foto’s as bewys van ’n onvergeetlike naweek!
Bespreek só:
- Direk by MSC-STARLIGHT RESERVATIONS by 0860 114 411.
- 'n Deposito van R1540 per persoon is betaalbaar met bespreking. Balans betaalbaar 60 dae voor vertrek.
- As jy enigsins sukkel om deur te kom, epos ons koördineerder, Annemie Raath, direk by
Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien
- Baie belangrik: Jy moet spesifiseer dat hierdie vir die INTIEM-bootreis is, anders kom jou naam nie op die INTIEM-lys nie.
- Algemene navrae: Rene 012 347 7530
*Aanbod beperk, prys vir Kategorie 1 kajuit.
Ons sien uit daarna om jou aan boord te hê!
KLIEK HIER vir die brosjure
KLIEK HIER vir die huidige pryslys
KLIEK HIER vir die Kajuit & Deck Plan van die MSC Opera
Portugese Eilande: 40% af, vanaf R3 708 per persoon*
|