facebooklogo  twittericon
Intens
Hoe red jy ’n saai huwelik?

article014
Is julle huwelik op ’n plek waar julle elke dag dieselfde lyk? Het julle uitmekaar gegroei? Voel jou huwelik saai en vervelig? Ja, julle is ’n goeie team, maar daar is net nie meer passie nie en julle is, in Gustav Muller se woorde, meer huismaats as huweliksmaats. Miskien is daar ’n gevoel van “ons doen dit nie meer vir mekaar nie” en bekommer jy jou dood. Hou moed. Daar ís hoop om die opwinding en pret terug te plaas in ’n saai huwelik. Julle is al lank saam – gelúkkig saam. Tog het liefde en romanse vele fasette. Mettertyd het julle dalk só gewoond geraak aan mekaar en in só ’n roetine verval dat baie van die dingetjies wat voorheen spesiaal was en die verliefdheid aangeblaas het ongemerk uit die verhouding verdwyn het. Om die vonk in ’n huwelik terug te sit, is glad nie moeilik nie. Trouens, dit kan ’n uitdaging word en in ’n lekker speletjie ontwikkel.

 
Prettige penis-jassies!
penisjassies
Dr. Wilmé Steenekamp : Is 'n kondoom vir jou 'n absolute passieblusser? Goed waaroor jou kleinboet destyds in die apteek bloedrooi gebloos het toe jou ma vir hom aknee-room gaan koop en jy gevra het: "Wat's dié goed?" Lees dan 'n bietjie hier . . .