![]() Elkeen koester die een of ander fantasie. Of dit nou ’n sexy rooi nagrokkie aan Vroulief se lyf of iets met ’n hoër ouderdomsbeperking is, baie mans is huiwerig om dit met hul vroue te deel. Daarom het INTIEM gaan uitvind wat die manne se grootste fantasie saam met hul vroue is... “Om room en aarbeie van haar lyf af te eet.” - Johannes “Om saam met my vrou kaalbas op die nudisteplaas naby Noupoort te gaan bly. Ek dink ek sal lekker kan lag vir ’n paar mense!” – Charles “Ek dink buitekant op ’n verlate plek is ’n goeie wegspringplek om mekaar gelukkig te maak. Moet jou man nie eers vra nie, spring net op! Dit is soveel beter as om elke aand (wanneer jy hoor dit is uiteindelik stil) in ’n klein kamertjie of op die kisvrieskas liefde te maak terwyl jy probeer om nie die kinders wakker te maak nie!” – Egbert “Hmm... seks in ’n openbare plek, dalk?” – Wian “My fantasie is dat ek en my vrou die hele naweek in my binnehof spandeer, soos Adam en Eva, kaalbas langs die swembad en jacuzzi, terwyl ons vrugtemandjies en versnaperinge eet en mekaar se lywe met room masseer. Om in mekaar se teenwoordigheid te wees met ligte musiek en lekker vonkelwyn, terwyl niks ons jaag nie en daar baie speeltyd is...” – Stian “Ek kan nou net vir myself praat, maar daar is min dinge wat vir my soveel pret was soos die keer toe sy so lekker verleidelik aangetrek het en ek praat juis van daardie glas platformskoene met die spykerhakke en die eina-satyntoppie sonder ietsie daaronder. En wanneer sy sommer vat wat sy wil hê, al probeer ek hóé hard om hard to get te speel (want dit is mos maar werkstres en allerhande bekommernisse). Dit laat ’n man goed voel om ‘wanted’ te wees.” – Stephen Sê jou sê:Stuur gerus vir ons vrae wat jy graag beantwoord sou wou hê en vra vir Manlief om sy antwoord op die volgende vraag aan Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien VRAAG VIR VOLGENDE KEER:Wat laat jou huil? |
laai gratis af

KLIEK HIER om die Bytjies, Blommetjies en My Kind gratis af te laai.
KLIEK HIER vir 'n volledige lys van gratis dokumente.

















Comments