facebooklogotwittericonnewslettericon
Kommunikasie in die huwelik . . .

kommunikasie

Die getroude lewe is beslis vol opwinding en frustrasie:
-    In die eerste jaar praat die man en die vrou luister.
-    In die tweede jaar praat die vrou en die man luister.
-    In die derde jaar praat albei en die bure luister!
Het jy geweet?
As ’n affair ’n huwelik vervang, is dit onderhewig aan dieselfde emosionele spanning as die huwelik, maar twee keer so geneig om te misluk!
’n Vreemdeling langs jou!
Seun: Pa, is dit waar dat in antieke China ’n man nie sy vrou ken tot hulle getroud is nie?
Pa: Dit gebeur oral, my seun, oral!
Kan jy nou meer!

Mense wat op jonger as 25 jaar trou, se risiko vir egskeiding is dramaties hoër as ander. Só ook as die vrou veel ouer is as die man, maar verrassend genoeg het die omgekeerde nie so ’n sterk impak nie!

Seksfeit:
Die gemiddelde getroude paartjie het 58 keer per jaar seks, oftewel bietjie meer as een keer per week.

Leënes-kaperjolle:
’n Studie in 2008 het bevind dat huweliksatisfaksie verbeter wanneer kinders die huis verlaat. As huweliksprobleme egter reeds vooraf bestaan het, vlek ’n leë nes net daardie voorheen bedekte kwessies weer oop.

Okay, jy moenie eintlik lag nie, maar . . .
Gehoor van die Chinese vrou wat doof geword het van ’n soen (ja, regtig!). Gelukkig gaan sy haar gehoor terugkry, maar pasop vir soortgelyke seksongelukke, soos om bloedvate in jou oog te laat bars danksy ’n goeie orgasme of om jou penis te breek. Jy sal weet dit gebeur wanneer jy ’n knakgeluid hoor! Ouch.

Hoe om . . . binne ’n jaar te spog met ’n six pack:

  1. Crunches: Lê op jou rug met jou arms voor jou. Lig jou skouers na jou knieë. Herposisioneer jou nou weer versigtig plat op jou rug. Jou kop moenie in kontak met die grond kom nie.
  2. Sit-ups: Lê op die grond met jou knieë teen ’n hoek gebuig. Plaas jou arms oor jou bors in ’n X-vorm. Lig jouself van die grond af, hou stil en sak dan weer af. Doen dit 15-20 keer vir drie herhalings.
  3. Jack-knife sit-ups: Lê op die grond met jou arms langs jou sye. Lig jou torso en knieë. Druk jou knieë tot teen jou kop en probeer om jou bene reguit te maak.
  4. Leg lifts: Lê op die grond met jou bene reguit. Lig jou hande bo jou kop sodat jy heeltemal uitgestrek is met jou voete en hande. Sonder om jou knieë te buig, lig jou bene en hande sodat hulle mekaar ontmoet. Hou die posisie voor jy weer lê.

McGyver-hoekie

Hoe om ’n bierbottel oop te maak sonder ’n botteloopmaker . . .
Daar is verskeie items wat goed kan werk hiervoor: ’n Sterk skêr, jou gordelgespe, ’n gewone vurk, ’n naelknipper, die verkeerde kant van ’n hamer, ’n krambinder-verwyderaar of . . . jou trouring (INTIEM aanvaar geen verantwoordelikheid hiervoor nie!).

Hou die bottel vas in die hand sonder die ring terwyl jy die hand met die ring oor die bottel se prop plaas, met jou palm afwaarts. Haak nou die ring (steeds aan jou vinger) oor die rant van die proppie die verste weg van jou af en met die regte druk sal die doppie afspring. Afhangende van die vorm van jou ring, kan jy pyn ervaar aan die bokant van jou ringvinger en as jy té veel bottels só oopmaak, kan jou vinger swel. Moet jouself nie té veel martel nie – kry ’n botteloopmaker!


Addisionele bronne: howtogeta6packfast.org/; wikihow.com/Open-a-Bottle-Without-a-Bottle-Opener

 

Add comment


Security code
Refresh