facebooklogo  twittericon
Menopouse – Haal die ‘ou’ uit menopOUse
meno
Jy gaan die jare glimlaggend tegemoet, en kyk op na stylvolle vroue soos Meryl Streep en Jane Fonda. Jy het vrede gemaak met die grys in jou hare, maar stoei nog om die plooie op hul plek te hou. As jy voor die spieël staan, kyk jou borste grond toe in plaas van die reguit kyk van jou jong dae. Al hierdie dinge het jy omhels as deel van die verouderde, beter JY. Maar, helaas, is dit nodig dat jy moet inboet op ’n opwindende sekslewe? INTIEM beantwoord ’n paar vrae.

Beteken menopouse ek is minder vrou? Is ek nou meer ‘ouma’ as ‘tierkat’?

Definitief nie! Menopouse verwys na die tyd in haar lewe wanneer ’n vrou nie meer menstrueer nie, en nie meer vrugbaar is nie. Dit beteken nie dat jou sekslewe agteruit hoef te gaan nie. Baie paartjies is doodtevrede, selfs al het dit verander.

Sommige vroue sê dat daar so saam met menopouse, onverwags ’n beter sekslewe opgedaag het! Die voordele: geen onverwagse swangerskap nie; jul kinders is groter en julle het meer tyd saam; julle is dalk meer gemaklik met julle seksualiteit.

“Tierkat” is in jou kop, nie jou lyf nie!

Hoe weet ek wanneer my oorgangsjare begin?

Menopouse begin gewoonlik in ’n vrou se laat-veertigerjare tot laat-vyftigs. Dit wissel en is ’n normale deel van die lewe. Slegs ná jy vir ’n volle jaar lank glad nie gemenstrueer het nie, word dit menopouse genoem. Die tydperk wat menopouse voorafgaan, is die oorgangsjare. Van die veranderinge wat jy mag ervaar is:

    * Ongereelde menstruasie. Dit mag langer of korter duur, ligter of swaarder wees.

    * Warmgloede. ’n Rooi gloed in jou gesig en nek en kolle op jou bors, rug en arms. Jy kan erg sweet en daarna weer voel asof jy koud kry.

    * Slaaploosheid.

    * Vaginale en urinêre probleme. Veranderde hormoonvlakke kan lei tot meer gereelde vaginale en blaasinfeksies en inkontinensie.

    * Buierigheid.

    * Gewigstoename.

Wat is hormoonvervangingsterapie?

Hormoonvervangingsterapie (HVT) word gebruik om die simptome van menopouse te behandel. Dit bestaan gewoonlik uit twee soorte hormone – estrogeen en ’n sintetiese vorm van progestoroon (progestien). Ná menopouse val vlakke van dié hormone, en die simptome van oorgangsjare begin. HVT het ook langtermynvoordele, soos om osteoporose te voorkom.

Is ’n opwindende sekslewe nou iets van die verlede? 

Dis jou besluit! Baie ouer mans en vroue ervaar ’n minder aktiewe. Die vermindering van estrogeen ná die oorgangsjare kan vaginale droogheid veroorsaak, wat seks ongemaklik kan maak. Daar is egter oplossings hiervoor.

Smeermiddels kan seks minder pynlik maak en jou kans gee om dit te geniet. Smeermiddels bied nie langtermyn-oplossings nie, maar kan die probleem tydelik oplos.

’n Room wat estrogeen bevat kan in die vagina gesit word. Dit bevorder bloedvloei en verhoog sensitiwiteit – en sodoende jou kans om ’n orgamse te bereik!

Baie vroue glo dat hormoonvervangingsterapie die beste opsie bly. Hoewel dit nie direk jou libido beïnvloed nie, los dit van die ander simptome op wat jou sekslewe in die wiele kan ry.

Die hoofbestandeel van ’n goeie sekslewe is steeds ’n goeie verhouding met jou man!

Gebeur dit net in Hollywood flieks, of is vroue regtig so buierig in hul oorgangsjare?

Hoewel daar baie vroue is wat aan buierigheid en depressie gedurende menopouse ly, is menopouse nie direk daarvoor verantwoordelik nie. Hormoonveranderinge veroorsaak dat vroue makliker deur stres beïnvloed word, en dan sukkel om die lewe se spoedbulte so goed te hanteer as wat hulle gewoonlik sou kon. Depressie is nie meer algemeen onder vroue in hul oorgangsjare nie.

Ek vergeet waar ek my motorsleutels neergesit het, afsprake, en hoekom ek nou weer voor die yskaste in Pick ’n Pay staan. Is vergeetagtigheid deel van menopouse?

’n Studie wat onder vroue in Australië gedoen is, het geen verband tussen menopouse of hormoonvlakke en geheue gevind nie.

Dokters word nietemin oorval deur klagtes van ouer vroue wat bekommerd is omdat hulle alledaagse dinge vergeet. Navorsers skryf dit toe aan stres, angs of depressie. Dié tyd van ’n mens se lewe is dikwels stresvol, met baie eise wat by die werk en by die huis aan ’n vrou gestel word.

Die oplossing? Raak georganiseerd. Sit jou sleutel elke keer op dieselfde plek neer, skryf jou afsprake neer en maak ’n kort lysie van wat jy vir elke dag beplan. Maak tyd in jou besige skedule vir oefening en om rustig te raak. Eet goed!

Ek het ewe skielik meer en donkerder hare op my gesig. Is dit normaal?

Ongewenste haargroei is ’n algemene probleem. Die probleem verskil van vrou tot vrou – van ’n paar verdwaalde hare op haar ken, ’n ligte snor op haar bo-lip, tot donker en baardagtige hare. Die hormoonskommelinge wat in dié tyd plaasvind, of medikasie, kan die oorsaak wees.

Die verhouding tussen estrogeen en testosteroon in jou lyf is die oorsaak van die probleem. Wanneer estrogeen oorheers, is die hare op die gesig tipies vroulik: lig, kort en amper onsigbaar. Die sleutelhormoon wat die tipe hare op jou gesig beheer is dehidrotestosteroon (DHT). Hoe hoër die vlakke van die hormoon is, hoe donkerder en growwer is haargroei. Gedurende ’n vrou se vrugbare jare hou die hoër estrogeenvlakke DHT laag, maar met menopouse is daar ’n toename in DHT in die haarfollikel. Dit is dan wanneer baie vroue daardie frustrerende donker, harde hare sien waar daar nooit voorheen was nie.

As die probleem erg raak, praat met jou ginekoloog daaroor.

Vandat ek in my oorgangsjare is, hang my magie soos ’n muffin oor my broekrek. Wat veroorsaak dit?

Vroue van alle ouderdomme sukkel met hierdie probleem, maar diegene in hul oorgangsjare is meer geneig om ’n vetrolletjie om die middel te hê. Omdat estrogeenvlakke val, herversprei jou liggaam nou vet vanaf jou heupe, bobene en boude (waar dit gestoor was as energie-resewe vir borsvoeding) na jou maag toe.

Die ekstra vetrolletjie is normaal, maar wees versigtig om te veel vet hier op te bou. Te veel ingewandsvet verhoog inflammasie in jou lyf en dra by tot onder meer hartsiektes, diabetes en kanker.

Moet ek nog steeds voorbehoeding gebruik?

Ja, tensy jy baie graag ’n laatlammetjie wil hê! Jy kan eers seker wees dat jy wel in menopouse is en nie meer vrugbaar is nie, as jy vir ’n jaar lank glad nie gemenstrueer het nie. Gebruik kondome as jy bekommerd is oor seksueel oordraagbare siektes.

My warm gloede klink nie heeltemal so warm soos dié wat my vriendinne beskryf nie. Is dit normaal?

Daardie ongemaklike, skielike gevoel dat jy oorweldig word deur hitte, met ’n gesig wat bloedrooi protesteer, is een van die bekende kenmerke van oorgangsjare. Dit verskil van vrou tot vrou – party kry glad nie warm gloede nie, terwyl ander vir dekades daarmee sukkel. Warm gloede kan so kort as 30 sekondes duur of so lank as vyf minute. Dit word gewoonlik minder gereeld na menopouse bereik is.

Dis nie moontlik om warm gloede heeltemal te vermy nie, maar daar is dinge wat dit vererger. Vermy spanning, kafeïene, alkohol, branderige kos, stywe klere, hitte en sigaretrook. Probeer ook om koel te bly – hou jou slaapkamer snags koel en skakel ’n waaier deur die dag aan. Dra ligte, katoenklere in lae, sodat jy dit kan uittrek soos nodig is. Haal diep en stadig asem as ’n warm gloed begin. Oefen gereeld. HVT kan help.

Jy het tieneraknee en daardie eerste groot liefde oorleef, swangerskappe, miskrame en geboortes, manlief ondersteun met sy stresvolle werk, die grootmaak van jou kinders... elke mylpaal jy het gehaal en oorleef. Wie skrik dan nou vir menopouse?

Sien dit as ’n kans om jouself en Manlief weer te herontdek – teen ‘n rustiger, meer sensuele pas as voorheen.

Addisionele bronne: webmd.com;.abc.net.au; menopauseinsight.com; sciencedaily.com; womenshealth.gov; epigee.orgJy gaan die jare glimlaggend tegemoet, en kyk op na stylvolle vroue soos Meryl Streep en Jane Fonda. Jy het vrede gemaak met die grys in jou hare, maar stoei nog om die plooie op hul plek te hou. As jy voor die spieël staan, kyk jou borste grond toe in plaas van die reguit kyk van jou jong dae. Al hierdie dinge het jy omhels as deel van die verouderde, beter JY. Maar, helaas, is dit nodig dat jy moet inboet op ’n opwindende sekslewe? INTIEM beantwoord ’n paar vrae.

Addisionele bronne: webmd.com;.abc.net.au; menopauseinsight.com; sciencedaily.com; womenshealth.gov; epigee.org

Add comment

Security code
Refresh