hardlywigheid

Hardlywigheid kan pynlik wees en ’n demper op jou sekslewe plaas. Moet egter nie dat hardlywigheid jou sekslewe belemmer nie.

Hardlywigheid is wanneer jou stoelgange minder of anders word. Elke persoon se liggaam verskil, maar dokters meen jy begin hardlywig raak as jy vir drie dae of langer nie ’n stoelgang gehad het nie. Persone wat hardlywig is, voel opgeblaas en het ’n geswelde buik. In erge gevalle veroorsaak dit ook naarheid en braking.

Volgens dr Mark Howard van Amerika, wat spesialiseer in natuurlike medisyne, is daar verskeie oorsake vir hardlywigheid. Stres, depressie, te min waterinname en ’n tekort aan vesel is van die redes.

Die oplossing vir hardlywigheid sluit gewoonlik die gebruik van ’n setpil en natuurlike lakseermiddels in.

Hoewel jy seker nie aan seks wil dink wanneer jy hardlywig is nie, sal die resultate jou heel moontlik verbaas. Dit is nou die tyd om meer aandag aan voorspel te gee.

Omdat jy ongemaklik voel, kan julle penetrasie vermy en eerder fokus op wedersydse vertroeteling en streling. Maak die atmosfeer romanties en ontspanne deur kerse aan te steek. Lê saam in ’n warm bad met skuim en begin julle vertroeteling sommer daar. Manlief kan jou laat ontspan deur weer op die voordele van voorspel in julle huwelik te fokus. ’n Bietjie ontspanning en selfs ’n orgasme behoort tydelike verligting vir jou te bring en wie weet, dalk raak jy sommer van jou hardlywigheid ontslae!

Hoewel seks tydens hardlywigheid nie noodwendig nadelig is nie, word anale seks glad nie aanbeveel nie. Laasgenoemde het al by verskeie vroue hardlywigheid veroorsaak.

Onthou om steeds ’n dokter te besoek wanneer jy hardlywig is en vermy penetrasie indien jy ernstige pyn ervaar.

Top 5 kosse om hardlywigheid te voorkom

•    Dieetvesel bv. vrugte, groente en volgraan produkte
•    Probiotika bv. jogurt
•    Prebiotika bv. lensies
•    Gluten-vrye graan bv. quinoa (tipe graan wat soos rys lyk)
•    Gefermenteerde voedsel bv. suurdeeg

Tuis

Terme & Voorwaardes

Sitemap