|
Die alternatiewe leefstyl van BDSM en sado-masochisme word dikwels in ’n komiese lig uitgebeeld met ’n vrou geklee soos Catwoman met ’n sweep in haar hand. Is dit bloot die onskuldige uitleef van ’n fantasie? Allermins . . . Anke Brand beantwoord INTIEM se vrae reguit. Wat is BDSM presies?Is dit jy in ’n skooljuffrou-uitrusting met ’n liniaal in jou hand of bietjie ernstiger as rolspel?
Wat dryf mense hiertoe? Is dit ’n sielkundige of seksuele afwyking?Dit is ’n soeke na ’n doel in die lewe. Vir sommige gaan dit oor mag en beheer en om hul wil op ander af te dwing. Hulle wil die dominante dryf in hul eie lewens wees en dit beïnvloed die keuses wat hulle maak direk. Hulle kry bevrediging daaruit om te oorheers. Ander kry weer genot daaruit om beheer te word, om soos ’n slaaf sy regte en vryheid op te gee en sodoende ’n mate van selfvervulling te kry. Verder kan BDSM ook gepleeg word in die gees van nuuskierigheid en eksperimentering, asook ’n seksuele drang wat op ’n verwronge manier ’n uitlaatklep soek. Dit lei dan tot ander perverse aktiwiteite soos pet play, waar mense as menslike troeteldiere optree. Hulle neem die eienskappe van diere oor, dra soms halsbande en word gelei aan ’n leiband. Ook ekstreme vernedering waar van die onderdaan/slaaf verwag word om uitmergelende/perverse take te doen en dan wreed behandel word. Dit sluit lyfstraf, marteling en sielkundige vernedering in. En laastens breath play, waar die dominant met behulp van ’n asemhalingsmasker of gasmasker die suurstofinname na die onderdaan beheer. Dis ’n ekstreme vorm van beheer en kan lewensgevaarlik wees. Jy kan aflei dat BDSM dus ’n verskeidenheid onderafdelings het wat afhang van ’n individu se voorkeur en fantasie. BDSM-gedrag kan progressief vererger en meer ekstreem word waarvan die uiteinde perverse seks, verkragting, marteling, verminking ensovoorts kan wees. Op fisieke vlak kan dit lei tot ’n persoon wat sy bewussyn verloor of selfs versmoor, hartaanvalle, die verlies van sirkulasie na ’n persoon se ledemate tydens bondage, senuwees kan beskadig word en dan in uiterste gevalle: die dood. Die oorlede reeksmoordenaar, Ted Bundy, het in sy onderhoud in 1990 met dr James Dobson onthul dat sy wrede pad van moord begin het by pornografie wat progressief vererger het. Hy was betrokke by BDSM. Sekere praktiseerders of sekskenners sal meen: As dit dan tussen twee mense bly en albei is geneë daartoe, hoekom is dit so boos?Dit is teenstrydig met God se ontwerp vir ’n gesonde lewe en gesonde seksualiteit. Ongesonde waardes word nagestreef. God het ons die wonderlike gawe van seks gegee om binne die grense van die huwelik te kan geniet. God se skeppingsplan vir seks was bedoel om ’n liefdevolle, intieme ervaring te wees. Dit is heeltemal teenstrydig met die selfsugtigheid, wellus en dominerende ervarings van BDSM.Sado-masochisme, asook dominering en onderwerping, kan plaasvind tussen verskeie persone binne enige seksuele konteks. Met ander woorde, dit is nie primêr beperk tot ’n heteroseksuele man en vrou in ’n een-tot-een verhouding nie. Dit sluit in homoseksuele, heteroseksuele, biseksuele, mense met buite-egtelike verhoudings binne die BDSM-scene, die uitruil van huweliksmaats (swinging), orgies en enkellopende mense. So, hoe trek ’n mens die lyn tussen hierdie dinge en rolspel tussen man en vrou (ons sê vir ons lesers dat hulle maar gerus rolspel kan toepas)?Die BDSM-gemeenskap, soos swinging, word beskou as ’n subkultuur binne die hoofstroom-samelewing. Vir die praktiseerders van BDSM is dit ’n lewenstyl. Hierdie alternatiewe lewenstyl word op ’n gereelde, doelgerigte basis beoefen. As ’n mens kyk na die definisies van die woorde wat gekoppel word aan BDSM, is dit duidelik dat dit nie gebaseer is op liefde nie. Inteendeel, dit is gebaseer op beheer, oorheersing, vernedering, wellus en plesier vir selfbevrediging. Daarom is dit glad nie dieselfde as die af-en-toe rolspel tussen man en vrou nie. Gesonde rolspel in die slaapkamer moet gebaseer word op ’n warm en veilige omgewing van wedersyde vertroue en toestemming. Dit is nie aggressief nie en daar is nie verwarring, vrees, pyn of mishandeling by betrokke nie.Wel, na aanleiding van wat jy ons so pas vertel het, is die sonde wat deel hiervan uitmaak vanselfsprekend. Is hierdie praktyke ook Bybels verkeerd? God het die mens geskape om die lewe te geniet en plesier te vind in dinge soos musiek, kuns, sport, kos en verseker seks. Maar ons sondige natuur is soms geneig om sondige dade te kombineer met hierdie verskillende vorms van plesier. In die geval van BDSM word seks selfgesentreerd, selfsugtig en wellustig, en dit is beslis teen die wil van God. Die Bybel praat van idolatry ” of selfaanbidding. Romeine 12:1-2 en 1 Korinthiërs 6:12-20 leer dat ons liggame volgens die beeld van God gemaak is om voorwerpe van aanbidding te wees. Dus, alles wat ons met ons liggaam doen (al is dit vir plesier), moet nie teenstrydig wees met wat die Bybel ons leer nie. Daarom: 1. In alles wat ons doen, moet God verheerlik word. |
laai gratis af

KLIEK HIER om die Bytjies, Blommetjies en My Kind gratis af te laai.
KLIEK HIER vir 'n volledige lys van gratis dokumente.

















Comments