'n Handleiding vir OuersJy kan dalk nie glo dat jou sproetgesiggie een van die dae die waarheid van die tandmuis gaan ontdek nie, maar dit is die realiteit. Ook dat die maatjies by die skool gaan begin fluister... en dat die lyflike veranderinge binnekort jou kind gaan betrap (of dit onverhoeds gaan wees, hang van jou af). Seksualiteitsopvoeding is een van die grootste geskenke wat jy jou voorskoolse kind kan gee. Daarom is daar 'n GRATIS bylaag saam met die huidige uitgawe van INTIEM, genaamd "Die Bytjies, Blommetjies en my Kind - 'n handleiding vir ouers". Maak seker dat jy nie hierdie uitgawe van INTIEM mis nie! |















