|
In Begrip
|
| 
Liefdevolle wraak . . . Vroue is nou maar eenmaal ’n emosionele spesie. Ons harte praat soms heelwat harder as ons verstand, en as ons eers ontsteld is . . . wee die arme skepsel wat in ons pad staan. |
|
|
|
In Leef
|
| 
Jou jongste spruit is pas uit die huis en skielik het jy . . . týd! Tyd om opnuut saam met Manlief te reis en die wêreld te ontdek. So, waarvoor wag jy? Trek jul avontuurstewels aan en sleep die padkaart nader! |
|
|
|
Jou Vrae
|
| 
“Ons was onlangs ’n klomp vriende by ’n braai en het lekker gekuier. Ek en my vriendin se man het in die gang in mekaar vasgeloop en voor ons ons kon kry, het ons mekaar gesoen. Ons het onmiddellik weer opgehou en albei besef ons het miskien een drankie te veel ingehad. Dit pla my baie. Daar is definitief niks tussen my en my vriendin se man nie, maar wat nou? Moet ek my man vertel dat dit een onbesonne oomblik was? Moet ons die vriendskap verbreek? Of moet ons maak of daar niks gebeur het nie?”
|
|
|
|
In Gesondheid
|
| 
Jou lyf verander en een van die dae is jy ’n ma. Beteken dit dat dinge in die slaapkamer gaan verander? Ja, dit kan . . . ten goede! Baie vroue ervaar ’n verhoogde seksdrang in dié tyd, en gebruik swangerskap om goeie, intieme herinneringe saam met hul man op te bou. As dit nie die geval met jou is nie, onthou dit is net tydelik!
|
|
|
|
In Geloof
|
| 
Die alternatiewe leefstyl van BDSM en sado-masochisme word dikwels in ’n komiese lig uitgebeeld met ’n vrou geklee soos Catwoman met ’n sweep in haar hand. Is dit bloot die onskuldige uitleef van ’n fantasie? Allermins . . . Anke Brand beantwoord INTIEM se vrae reguit. Wat is BDSM presies?
|
|
|
|
In Sy Wêreld
|

Elkeen koester die een of ander fantasie. Of dit nou ’n sexy rooi nagrokkie aan Vroulief se lyf of iets met ’n hoër ouderdomsbeperking is, baie mans is huiwerig om dit met hul vroue te deel. Daarom het INTIEM gaan uitvind wat die manne se grootste fantasie saam met hul vroue is...
|
|
|
|
Intens
|

Dr. Wilmé Steenekamp : Is 'n kondoom vir jou 'n absolute passieblusser? Goed waaroor jou kleinboet destyds in die apteek bloedrooi gebloos het toe jou ma vir hom aknee-room gaan koop en jy gevra het: "Wat's dié goed?" Lees dan 'n bietjie hier . . .
|
|
|
|
In Perspektief
|

Orale seks vir vyf Wilson-toffies . . . Twee lesers deel hul verhale oor die pad na liefde en heel word nadat hulle as kinders verkrag en gemolesteer is. Uit hul verhale blyk dit duidelik: dit is 'n bitter moeilike pad, maar jy kán 'n normale huwelikslewe hê! |
|
|
|
Gereelde Kolomme
|
Ek en my man, Philip Moolman, brand dikwels die kers aan albei kante met 'n té besige werkskedule. Ons bestuur ons Blou Hond Teater Restaurant in Linden, Johannesburg, en doen ook weekliks buite-optredes op die platteland as onderskeidelik sanger en motiveringspreker.
Hierdie gejaagde leefstyl, moet ek in alle eerlikheid erken, is nie altyd vir ons 'n aanhitsmiddel in die slaapkamer nie. Die geluide uit ons dubbelbed in menige gastehuis is dikwels geluide van pyn eerder as van plesier . . .
|
|
|
|
In Begrip
|
| 
Kon jy maar raai wat binne-in daardie ruwe uiterlike aangaan? Maar nee, só gelukkig sal jy nie wees nie. Vra jy ’n man hoe hy voel, sal jy – indien báie gelukkig – ’n antwoord kry. ’n Eenwoord antwoord. So, hier is ’n paar dinge waaroor jy dalk nog altyd gewonder het. |
|
|
|
In Gesondheid
|

Jy gaan die jare glimlaggend tegemoet, en kyk op na stylvolle vroue soos Meryl Streep en Jane Fonda. Jy het vrede gemaak met die grys in jou hare, maar stoei nog om die plooie op hul plek te hou. As jy voor die spieël staan, kyk jou borste grond toe in plaas van die reguit kyk van jou jong dae. Al hierdie dinge het jy omhels as deel van die verouderde, beter JY. Maar, helaas, is dit nodig dat jy moet inboet op ’n opwindende sekslewe? INTIEM beantwoord ’n paar vrae. |
|
|
|
|
Jou Vrae
|

Vraag: Ek het 'n groot probleem. Ek is sewe jaar getroud, het twee pragtige kinders en 'n man wat my goed versorg en liefhet, maar ek is verveeld. Ek weet ek klink dalk onvergenoegd en dit bekommer my. Daar moet vinnig 'n bietjie opwinding in my huwelik gebeur, en die probleem is: Ek is moeg daarvoor om verantwoordelikheid te neem hiervoor. Ek wil he my man moet weer my asem wegslaan...
|
|
|
|
In Leef
|

Moenie toelaat dat sekere karakters jou sekslewe saboteer nie. Neem vandag 'n doelbewuste besluit om jou brein te herprogrammeer – indien dit nodig is!
|
|
|
|
In Geloof
|

'n Emosionele affair is dikwels nie iets wat haarfyn beplan word nie. Nee, dis iets wat jou onverhoeds betrap. 'Ag asseblief,' dink jy waarskynlik wanneer jy dié woorde hoor. Maar lees dié artikel wat deur lesers aan INTIEM gestuur is en jy sal besef: Niemand, nie eers gelowiges, word gevrywaar van versoekings nie.
|
|
|
|
Gereelde Kolomme
|
Threesome se Moses
Van studentedae af al is ek bang om óf op die voorblad óf op die agterblad van 'n tydskrif of dagblad te beland ('n fobie wat ek in die 80's in Margate ontwikkel het).
Op aandrang van my goeie (en manipulerende) vriendin (die brein en passie agter INTIEM), is ek vandag vir die heel eerste keer aan die woord – prykend in 'n 'hyg'tydskrif. (Só verwys ons vriendekring na INTIEM – net om ons vriendin se bloeddruk op te stoot.)
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|