facebooklogo  twittericon
Gereelde Kolomme
In en Uit Die Kooi - Susan Coetzer
Ek en my man, Philip Moolman, brand dikwels die kers aan albei kante met 'n té besige werkskedule. Ons bestuur ons Blou Hond Teater Restaurant in Linden, Johannesburg, en doen ook weekliks buite-optredes op die platteland as onderskeidelik sanger en motiveringspreker.

Hierdie gejaagde leefstyl, moet ek in alle eerlikheid erken, is nie altyd vir ons 'n aanhitsmiddel in die slaapkamer nie. Die geluide uit ons dubbelbed in menige gastehuis is dikwels geluide van pyn eerder as van plesier . . .

 
In Lulu se Woorde

Threesome se Moses

Van studentedae af al is ek bang om óf op die voorblad óf op die agterblad van 'n tydskrif of dagblad te beland ('n fobie wat ek in die 80's in Margate ontwikkel het).

Op aandrang van my goeie (en manipulerende) vriendin (die brein en passie agter INTIEM), is ek vandag vir die heel eerste keer aan die woord – prykend in 'n 'hyg'tydskrif. (Só verwys ons vriendekring na INTIEM – net om ons vriendin se bloeddruk op te stoot.)