facebooklogo  twittericon
Gebeure
Couples Oggend

 

'n INTIEM 4x4 huweliksoggend is 'n oggend waartydens ons die wonder van 'n goddelike huwelik vier! 'n Oggend waar ongelooflike huwelikskenners soos Gustav Muller en Dr. Etienne Kok die WAARHEID praat.

In die woorde van Liezel van der Merwe, besturende redakteur van INTIEM: "Dis regtig 'n amazing oggend! Ek wens alle paartjies wil dit bywoon. Gustav praat oor kommunikasie en misverstande. Daardie situasies waar die simpelste ding op 'n vreeslike oorlog uitloop. En Dr. Etienne gesels oor kommunikasie in die slaapkamer. Hy se tereg dat die probleem in 'n mense se sekslewe nie oor wrywing gaan nie - almal weet hoe om dit te doen - maar eerder oor die dieper dinge. Daardie issues in 'n huwelik wat intimiteit beinvloed".

Beide die sprekers praat sonder om doekies om te draai, maar wees seker dat jou maagspiere daardie oggend 'n goeie workout sal kry, want die oggend sorg beslis vir hope humor! Behalwe vir die vermaaklike (en vir die huweliknoodsaaklike!) aanbiedings, is dit net 'n oggend waar jy en jou man - sonder die kinders - weer in kontak kan kom met mekaar. Daar is boonop vir elke paartjie 'n lekker "goody bag" en smullekker eetgoed gedurende teetyd. Die koste is R400 per paartjie en die kaartjie sluit ook 'n jaar se subskripsie op INTIEM in!

Kom kuier saam en laat die kenners jou herinner aan HOEKOM jy met jou ondier getrou het!

2012 datums

  • 17 Maart – Kaapstad: Kleinemarie in Stellenbosch (Elsabe Aldrich en Dr Etienne Kok) - bespreek nou!
  • 2 Junie – Potchefstroom (Gustav Muller en Dr Etienne Kok) - bespreek nou!
  • 28 Julie – Pretoria: Isiphiwo Gastehuis in Pretoria (Gustav Muller en Dr Etienne Kok) - bespreek nou!
  • 29 Sep – Pretoria - kaartjies binnekort beskikbaar!

Besoek www.itickets.co.za om jou kaartjies te bespreek!