|
"'n Tydskrif oor twee sensitiewe temas soos seks en geloof? Die tydskrif sal nie eers 'n jaar hou nie!" is van die opmerkings wat reguit ge-uiter is. Maar kyk waar staan ons nou! Vyf jaar later en "still going strong"...
Miskien het dit te doen met daardie vergelyking wat sê: "'n Vrou is soos 'n teesakkie, hoe warmer die water, hoe sterker word sy", aangesien ons spannetjie inderdaad estrogeen-gedrewe is. Maar meerendeels is ons vas oortuig van die feit dat ons as tydskrif gegroei het soos Jan se boontjierank as gevolg van al die seën waarmee die Skepper ons natgelei het. Om die eerste 4 jaar van INTIEM te vier, en dankie te sê vir al die seeninge wat ons daagliks ontvang, het ons met 'n blink plan vorendag gekom... Die eerste INTIEM-boek!!! Die boek bestaan uit 'n versameling van Intiem se beste, tydlose artikels wat in die eerste vier jaar verskyn het: DIE BESTE VAN INTIEM. Die Boek is geskryf vir alle getroude mense wat hul huwelik belangrik ag, hetsy oud, jonk, manlik, vroulik, begeesterd, raadop, wulps, preuts, versigting of vuur-en-vlam!Vir ons is INTIEM meer as net 'n tydskrif – dis 'n hartsaak. As jy dieselfde voel, sorg dat jy meer as net die tydskrif op jou boekrak het en bestel jou 200 bladsye "Die Beste van INTIEM" boek by Elize of Erika by 011 473 8700 of stuur 'n epos na Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien of Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien Die boek is NIE op die rakke beskikbaar nie, so maak seker jy bestel jou boekie vandag – teen slegs R100!! (R30 pos en verpakking uitgesluit) |










Wanneer ons as redaksiespan vandag kyk na die heel eerste uitgawe van INTIEM wat in die somer van 2006 gepubliseer is, kry ons sommer 'n traan in die oog! Dit was 'n nuwe terrein en 'n groot waagstuk wat met groot verdoemenis begroet is!




