Anoniem se Vraag:Hoe gemaak met jou man wat jy vreeslik lief is voor en wat nie lui is nie, maar permanent dink hy kan sy eie ding doen? Daar is geen vaste inkomste van sy kant af nie, hoe lank gee mens kans (4 jaar dalk) voordat mens 'n streep begin trek. En wat is die streep? Anoniem se terugvoer na die vraag geplaas is:Baie dankie vir die plasing van my vraag. Uit die antwoorde was daar 'n paar wat heel bruikbaar was, maar ander (soos te verwagte) het ek gevoel is baie ondeurdenkte kommentaar. Dit is 'n goeie manier om 'n wye opinie uit verskillende "walks of life" te kry en so bietjie uit die boks te dink.Ek is wel baie bly om te rapporteer dat my man 'n wonderlike permanente werk sedert Desember het. So of die vraag en dalk meer gebede daarmee gehelp het sal ek nou nie kan sê nie.. |














